Kosmologiese konstante

Die ontwikkelingstadiums van die heelal. Die vinniger uitdying in die laaste derde van die tydlyn verteenwoordig die tyd wat deur donker energie oorheers word.

In kosmologie is die kosmologiese konstante (gewoonlik aangedui deur die Griekse hoofletter lambda: Λ) die energiedigtheid van die ruimte, of vakuumenergie, wat voorkom in Albert Einstein se vergelykings van algemene relatiwiteit. Dit word nou verbind met die begrippe donker energie en kwintessens.

Einstein het die begrip aanvanklik in 1917 bekend gestel[1] om die uitwerking van swaartekrag teen te werk vir ’n statiese heelal, wat toe die aanvaarde siening was. Einstein het die begrip in 1931 laat vaar ná Edwin Hubble se ontdekking dat die heelal uitdy en nie staties is nie.[2] Van die 1930's tot laat in die 1990's het die meeste fisici aangeneem die kosmologiese konstante is gelyk aan nul.[3] Dit het verander met die ontdekking in 1998 dat die uitdying van die heelal al hoe vinniger plaasvind. Dit het daarop gedui dat die kosmologiese konstante ’n postiewe waarde het in plaas van nul.[4]

Sedert die 1990's het studies getoon sowat 68% van die massa-energie-digtheid van die heelal kan toegeskryf word aan sogenaamde donker energie.[5] Die kosmologiese konstante is die eenvoudigste verduidelik van donker energie, en word gebruik in die huidige standaardmodel van kosmologie bekend as die ΛKDM-model.

  1. Einstein (1917)
  2. (Rugh & Zinkernagel 2001, p. 3)
  3. Weinberg (1989), p. 3
  4. Sien bv.: Supernova Cosmology Project, (Perlmutter et al. (1999)
  5. Redd (2013)

Developed by StudentB